top of page

Bosa beplan regstappe teen beurtwater by noodsaaklike instellings

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 11
  • 1 min read

Bosa beplan om voort te gaan met sy regstappe teen die regering om beurtwater by noodsaaklike instellings in die land te voorkom.

Die party se adjunkleier, Nobantu Hlazo-Webster, het Donderdag tydens die Departement van Water en Sanitasie se begrotingsstemming in die parlement gepraat.

Bosa het vroeër vanjaar ‘n litigasie-inisiatief van stapel gestuur om beurtwater ongrondwetlik te verklaar, veral wanneer dit skole en hospitale raak.

Hlazo-Webster sê die party sal die howe vra om munisipaliteite en departemente te dwing om te verseker dat hierdie instellings water het. Intussen sê sy die party bly bekommerd oor ander uitdagings in die water- en sanitasiesektor, insluitend projekagterstande.

 
 
 

Comments


bottom of page