top of page

Bosa eis antwoorde van minister Gwarube

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 6
  • 1 min read

Bosa het die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, gekritiseer omdat sy nie ’n parlementêre vraag beantwoord het nie. Hulle wou weet hoeveel van die departement se begroting aan die salarisse van onderwysers, administrateurs en onderwysamptenare bestee word. Volgens die party het Gwarube gesê hulle moet die provinsiale departemente vra om die vraag te beantwoord. Bosa-woordvoerder, Roger Solomons, sê die parlement moet Gwarube dagvaar om ‘n uiteensetting van die nasionale onderwyssalarisrekening te bewys.

 
 
 

Comments


bottom of page