top of page

Bosa sê die matriekslaagsyfer is misleidend

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 13
  • 1 min read

Volgens Bosa is die slaagsyfer vir die matriekklas van 2025 ‘n misleidende syfer - en is in werklikheid laer as 88%.


Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het Maandag die uitslae vir die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens onthul.


Van die meer as 1.7 miljoen leerders wat in 2014 as graad 1’s skool begin het, het slegs byna 680 000 voltydse leerders verlede jaar matriek geslaag.


Bosa se woordvoerder, Roger Solomons, sê dit weerspieël die werklike slaagsyfer van sowat 54%


Hy is van mening dat die huidige onderwysstelsel die toekoms van jongmense in die land in gevaar stel.


Roger Solomons. FOTO: Facebook
Roger Solomons. FOTO: Facebook



Comments


bottom of page