top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bosa veroordeel 'n derde politikus-moord op een dag

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 23
  • 1 min read

Bosa sê die land moet nie geweld normaliseer nie. Die party het die moord op sy wykskandidaat in Gugulethu in Kaapstad veroordeel.


Volgens Bosa is Leon Ngcikwe Saterdagaand doodgeskiet. Rosestad-nuus het vroeër berig van twee ander politici wat ook Saterdag in die land vermoor is: Die DA se wykskandidaat Sinovuyo Dyokwe, wat Saterdag vanaf ’n kiesersregistrasiepunt op pad huis toe was toe sy vermoor is, en raadslid Sicelo Mleve, wat in sy kantoor in Gqeberha in die Oos-Kaap 'n kort ruk later dieselfde dag doodgeskiet is.


Bosa se woordvoerder, Roger Solomons, sê geweld skeur die samelewing uitmekaar.


Roger Solomons

Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page