top of page

Bosa verwelkom die verbintenis om die Nasionale Register van Seksuele Oortreders openbaar te maak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 20, 2025
  • 1 min read

Bosa verwelkom die regering se verbintenis om die Nasionale Register van Seksuele Oortreders openbaar te maak. Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê wetswysigings sal ingestel word om die register openbaar te maak. Bosa sê die openbaarmaking van die register is belangrik, aangesien dit gemeenskappe sal bemagtig om hulself teen seksuele misbruik en geslagsgebaseerde geweld te beskerm. Die Bosa-woordvoerder, Roger Solomons, sê die openbaarmaking van die register moes al lank terug gebeur het.

 
 
 

Comments


bottom of page