top of page

Bosa wil hê staatsamptenare moet vir seksuele oortredings gekeur word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 19, 2025
  • 1 min read

Bosa sê dit is geskok dat geen staatsamptenare in Suid-Afrika vir seksuele oortredings gekeur word nie. Die minister van Staatsdiens en Administrasie, Inkosi Mzamo Buthelezi, het in ‘n skriftelike parlementêre reaksie onthul dat geen staatsamptenaar teen die Nasionale Register vir Seksuele Oortredings gekeur is nie. ‘n Bosa-woordvoerder, Roger Solomons, sê dit is skokkend dat die regering nie ‘n beleid het om staatsamptenare gereeld vir seksuele oortredings te ondersoek nie.

 
 
 

Comments


bottom of page