Bothaville geruk ná nog 'n wrede aanval
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 26
- 1 min read
Die gemeenskap van Bothaville is geskok nadat nog 'n inwoner van die dorp in die Vrystaat wreed aangeval is. Dit nadat 'n egpaar Saterdag in hul huis aangeval het, 'n maand ná ’n hamer-aanval op ’n vrou plaasgevind het.
Netwerk24 berig twee mans het die egpaar van onderskeidelik 72 en 73 jaar se huis binnegedring. Die aanvallers het klapmusse aangehad en was met ’n mes en handwapen gewapen.
Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die slagoffers se hande is met toue vasgebind, en die vrou is gedwing om die sleutel van die kluis aan die rowers te gee.
Die aanvallers het die huis geplunder en toe van die toneel gevlug. Die slagoffers kon hulself losmaak en het hulp gaan soek.
Die man het beserings aan sy linkeroog opgedoen, en die vrou is ongedeerd.
Thabana sê die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.
Rosestad-nuus het vroeër berig van die vorige wrede aanval in Bothaville, waar ’n 60-jarige vrou in haar huis met ’n hamer oor die kop geslaan en verkrag is.





Comments