top of page

Bothaville-vrou kan niks van haar hamer-aanranding onthou nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 4
  • 1 min read

Die vrou van Bothaville wat helder oordag met 'n hamer oor die kop geslaan en verkrag is, kan nie die voorval onthou nie.

Haar man sê volgens Netwerk24 haar korttermyngeheue sal beter raak, maar sy sal nooit onthou wat daardie dag gebeur het nie. Sy het 'n tweede operasie ondergaan om die druk weens bloeding op haar brein te verlig.

Daar was aanvanklik kommer dat die regterkant van haar lyf verlam kan wees. Sy het egter gevoel aan die regterkant van haar lyf, maar kan dit nie beweeg nie.

Sy is tans in die intensiewe eenheid, maar haar man sê dit gaan baie goed met haar.

Polisiewoordvoerder Palesa Thabana sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 
 
 

Comments


bottom of page