top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Botshabelo-man bedrieg winkels glo as fop-inspekteur

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 12, 2025
1 min read

'n Man wat hom glo as ’n gesondheidsinspekteur voorgedoen het, verskyn Dinsdag in die Botshabelo-landdroshof. Luidens ’n polisieverklaring is hy Sondag vasgekeer nadat hy winkels glo met, ’n vuurwapen op sy persoon, besoek het. Die man is met ’n pistool en later ook ’n bakkie vol wapens en ammunisie betrap. Die Mangaung Metro Misdaadbestrydingstaakspan het verskeie vuurwapens en rondtes ammunisie in die bakkie gekry. Hy het glo geen permitte gehad nie. 'n Saak van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is by die Botshabelo-polisiestasie geopen.

 
 
 

Comments


bottom of page