Bouplanne kan binnekort digitaal ingedien word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 9
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit stel binnekort ’n nuwe aanlynstelsel bekend vir die indiening van bouplanne.
Vanaf 6 Mei sal aansoekers hul bouplanne elektronies kan indien via die sogenaamde Bpams-platform, wat deel vorm van die metro se plan om dienslewering te moderniseer.
Die stelsel sal dit moontlik maak om dokumente digitaal op te laai, betalings aanlyn te doen en die vordering van aansoeke in reële tyd te volg.
Volgens ‘n kennisgewing van die metro sal dit wagtye verkort, administratiewe prosesse versnel en deursigtigheid verbeter.
’n Oorgangstydperk van 6 tot 29 Mei sal geld, waartydens beide hand- en elektroniese indienings aanvaar sal word.
Vanaf 1 Junie sal alle nuwe bouplanaansoeke egter slegs elektronies ingedien moet word.
Die metro sê opleiding en ondersteuning sal beskikbaar wees om gebruikers met die nuwe stelsel te help.








Comments