Bozell kritiseer weer Ramaphosa se oënskynlike weiering om 'Kill the Boer' stop te sit

President Cyril Ramaphosa het dit in sy mag om aanhitsing tot moord stop te sit, maar hy weier om dit te doen. Dit is Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell III, se kritiek te midde van toenemende diplomatieke spanning tussen die twee lande.
Netwerk24 berig Bozell beklemtoon weer eens dat Amerika ongelukkig is oor die sing van Kill the Boer! Kill the farmer!
Bozell het gereageer nadat hy verlede week weer deur Suid-Afrika se ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking gekritiseer is vir sogenaamde ondiplomatieke gedrag.
Bozell sê Ramaphosa het beweer hy kan nie mense keer om dié slagspreuk te sing nie, omdat dit deur die hoogste hof toegelaat is. Hy voeg by om so te sê is onsin, en gevra hoe moeilik dit kan wees om te vra dat duisende mense wat in 'n stadion op en af spring en gewere naboots dit stop sit.









Comments