Bram Fischer-lughawe mik vir internasionale akkreditasie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Bram Fischer Internasionale Lughawe in Bloemfontein is een van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) se laaste drie lughawens wat nog mik vir internasionale akkreditasie vir veiligheid en gesondheid.
Volgens Netwerk24 werk Acsa daaraan om dié status oor die volgende paar boekjare te bekom.
Dit volg nadat nog twee van hul lughawens, George- en King Phalo-lughawe, onlangs dié internasionale erkenning ontvang het.
Acsa sê die akkreditasie beteken lughawens voldoen aan streng standaarde – van higiëne en veiligheid tot noodreaksieplanne – wat passasiers se vertroue versterk.
Ses lughawens in die land het reeds dié status, insluitend OR Tambo en King Shaka.
Die plan is om uiteindelik al Acsa se lughawens te laat akkrediteer as deel van ’n langertermynstrategie om veiligheid en dienslewering te verbeter.








Comments