top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Brandfort-moordbeskuldigde 'uit selfverdediging' opgetree

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 20, 2024
1 min read

Die man wat beskuldig word van die moord op 'n boer en sakeman van Brandfort in die Vrystaat het in die Bloemfontein hooggeregshof getuig dat hy uit selfverdediging opgetree het, en soos 'n “besetene” vir sy eie lewe baklei het. Maroela Media berig hy word van die moord op die 70-jarige Lambertus Petrus Lochner, by sy besigheid die Brandfort Slaghuis, beskuldig. Die verdagte is ‘n dag na die moord in hegtenis geneem. Die mes, baadjie en T-hemp wat in sy besit gevind is, is deur DNS-toetse positief met Lochner verbind. Volgens ‘n nadoodse ondersoek is die Brandfort-boer weens verskeie steekwonde oorlede. Die verdagte staan ook op aanklag van diefstal van elektriese drade en koperpype tereg, sy kruisondervraging sal na verwagting vandag afgehandel word.

 
 
 

Comments


bottom of page