Brandfort se kliniek is skielik gesluit
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 11
- 1 min read
Die Vrystaatse departement van indiensneming en arbeid het die Marantha-kliniek op Brandfort in die Vrystaat gesluit. Dit is die enigste kliniek op die dorp en bedien meer as 10 000 inwoners.
Netwerk24 berig die woordvoerder van die departement van indiensneming en arbeid, Teboho Thejane, het by navraag bevestig ’n kennisgewing dat die kliniek onmiddellik sy bedrywighede moet staak, is deur hul inspekteurs uitgereik. Die kliniek is gesluit weens water wat nie by die kliniek beskikbaar is nie, ’n lekkende dak, die gebruik van ’n asbesverwarmer, en ’n plafon wat besig is om ineen te stort.
Thejane sê die fasiliteit sal gesluit bly totdat alle geïdentifiseerde risiko's voldoende aandag gekry het en nakoming van die wet bereik is.
Die woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, Mondli Mvambi, sê hy was nie bewus dat die kliniek gesluit is nie. Hy het navrae aan die distriksdirekteur gerig.








Comments