top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Brandoorsaak in Welkom-gesondheidskantoor word ondersoek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 20, 2025
1 min read

’n Brand wat by die Lejweleputswa-distriksstoor uitgebreek het, word ondersoek. Volgens die Vrystaatse departement van gesondheid het die brand Maandagaand, 19 Mei by die Kopano-gesondheidskantoor in Welkom uitgebreek, waar al die tandheelkundige toerusting en voorraad vernietig is. Die brand het ook ’n aanliggende stoor met skryfbehoeftes beskadig, maar net met water. Niemand is beseer nie. Die departement sê hulle is besig om die volle omvang van die skade vas te stel en sal die publiek op hoogte hou. Hulle beklemtoon dat elke hulpmiddel belangrik is om gehalte-gesondheidsdienste aan gemeenskappe te lewer.

 
 
 

Comments


bottom of page