Brandoorsaak in Welkom-gesondheidskantoor word ondersoek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 20, 2025
- 1 min read
’n Brand wat by die Lejweleputswa-distriksstoor uitgebreek het, word ondersoek. Volgens die Vrystaatse departement van gesondheid het die brand Maandagaand, 19 Mei by die Kopano-gesondheidskantoor in Welkom uitgebreek, waar al die tandheelkundige toerusting en voorraad vernietig is. Die brand het ook ’n aanliggende stoor met skryfbehoeftes beskadig, maar net met water. Niemand is beseer nie. Die departement sê hulle is besig om die volle omvang van die skade vas te stel en sal die publiek op hoogte hou. Hulle beklemtoon dat elke hulpmiddel belangrik is om gehalte-gesondheidsdienste aan gemeenskappe te lewer.






Comments