top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Brandstof kan in Julie aansienlik goedkoper word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Ná vier agtereenvolgende maande van brandstofprysverhogings kan Suid-Afrikaanse motoriste moontlik in Julie verligting by die pompe kry.


Volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds dui huidige vooruitskattings op beduidende dalings vir beide petrol en diesel.


Petrol 93 kan met sowat R2.54 per liter daal, terwyl Petrol 95 na verwagting R2.52 goedkoper kan wees.


Die grootste daling word tans vir diesel voorspel, met 'n moontlike verlaging van ongeveer R4.28 per liter.


Die finale aanpassings sal egter afhang van marktoestande en enige veranderinge wat voor die einde van die maand plaasvind.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page