Brandstof: SA se prysmeganisme is tans onder hersiening
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Suid-Afrika se plaaslike brandstofprysmeganisme is tans onder hersiening. Dié proses van die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne, wat bedoel is om die struktuur van prysbepaling onder die vergrootglas te plaas, sal na verwagting teen Maart volgende jaar afgehandel wees.
Maroela Media berig die departement se direkteur van brandstofprysmeganismes, Robert Maake, sê die prys wat die verbruiker by die pomp betaal, is die eindproduk van ʼn komplekse kombinasie van internasionale en binnelandse faktore.
Maake sê die internasionale komponent – wat hoofsaaklik deur die olieprys en die rand-dollar-wisselkoers gedryf word – wissel maandeliks, en die uiterse hoë olieprys weens die oorlog in die Midde-Ooste, tesame met ’n swakker rand, laat brandstofpryse tans styg. Die departement sê hoewel internasionale faktore soos die Brent-ruolieprys, oorlêgeld en vragkoste op die wêreldmark bepaal word, fokus hy nou op die plaaslike komponente vir moontlike aanpassings.
Die kern van die huidige hersiening lê by die binnelandse koste wat deur die departement beheer kan word. Dit sluit die groothandelmarges, kleinhandelmarges, sekondêre opberging en sekondêre verspreiding in.
Maake het bevestig dat die regering reeds ʼn diensooreenkoms met ’n verskaffer gesluit het om hierdie proses te bestuur. Hy voeg by dit bly egter in hierdie stadium moeilik om te sê hoe die regering op lang termyn gaan ingryp en wat die volgende stap gaan wees.








Comments