Brandstof word goedkoper
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Brandstof word Woensdag goedkoper wanneer die nuwe amptelike pryse in werking tree.
Petrol daal met R2.01 per liter vir 93-oktaan en R1.96 vir 95-oktaan.
Die groothandelprys van diesel daal met tussen R3.14 en R3.59 per liter.
Volgens die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne volg die verlaging op laer internasionale oliepryse en 'n sterker rand.
Die daling is egter kleiner nadat die Nasionale Tesourie die oorblywende brandstofheffingverligting teruggeplaas het.








Comments