top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Brandstofbedrog raak meer gesofistikeerd

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 23
  • 1 min read

Kommer neem toe oor brandstofknoeiery in Suid-Afrika, met kenners wat waarsku dat onwettige mengpraktyke al hoe meer algemeen en gesofistikeerd raak.


Volgens eNCA sentreer die probleem rondom die vermenging van paraffien met diesel om koste te sny en winste te verhoog.


Bedryfskenners sê die proses behels dikwels dat opsporingsmerkers verwyder of geneutraliseer word — wat groot risiko’s vir verbruikers, reguleerders en die brandstofvoorsieningsketting inhou.


Meer as 100 verdagte onwettige depots is reeds in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo geïdentifiseer.


Die International Trade Administration Commission skat dat brandstofknoeiery die fiskus sowat R3,6 miljard per jaar kos.


Volgens Waal de Waal van Bidvest Protea Coin word paraffien dikwels gebruik omdat dit maklik beskikbaar is en nie BTW implikasies het nie.


Hy waarsku dat dit al hoe moeiliker raak om die onwettige mengsels op te spoor, en dat ’n gekoördineerde optrede nodig is om die probleem hok te slaan.Brandstofbedrog raak meer gesofistikeerd

 

Ter illustrasie. FOTO: eNCA
Ter illustrasie. FOTO: eNCA

 
 
 

Comments


bottom of page