top of page

Brandstofprys-verlaging vir April voorspel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 12, 2025
  • 1 min read

Brandstofpryse kan tussen 82 sent en 98 sent per liter daal, volgens die jongste verwagtinge. The South African berig voertuig-eienaars het vroeër die maand 'n geringe afname in die koste van sowel petrol as diesel gesien, waarna die Suid-Afrikaanse rand sy hoogste vlak in drie maande teen die Amerikaanse dollar behaal het. Hierdie afname kom terwyl bekommernis oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se tariefbeleide toeneem en inflasie wat kan verhoog. As gevolg hiervan het die prys van Brent ru-olie ook gedaal. Die verwagte prysveranderinge vir middernag op 1 April sluit 'n afname van 85 sent vir petrol 93, 98 sent vir petrol 95, tussen 86 en 87 sent vir diesel en 82 sent vir verligtingsparafien in.

 
 
 

Comments


bottom of page