Brandstofprys-vooruitsigte verbeter namate Desember-data positief draai
- Saamgestel deur Jana Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Brandstofprys-herstel het in die tweede week van Desember stewig in positiewe gebied inbeweeg, wat die waarskynlikheid van prysverlagings in Januarie verhoog.
Die jongste data van die Sentrale Energiefonds toon dat petrol verskuif het van ‘n onderverhaling van 20 sent verlede week na ‘n oorverhaling van vyf sent per liter vir 93 en sewe sent vir 95.
Diesel se sterk begin van die maand het verder versterk, met oorverhalings van 82 sent tot 88 sent per liter.
Verligtende paraffien toon ook ‘n oorverhaling van 57 sent.






Comments