top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Brandstofpryse kan in November wéér styg

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15
1 min read

Motoriste kan in November weer ’n brandstofprysverhoging verwag, met voorlopige ramings wat op ’n styging van meer as R2 per liter vir petrol dui.


Maroela Media berig berekeninge van die Sentrale Energiefonds dui ook op duurder diesel, hoewel die finale prysaanpassings nog nie bevestig is nie.


Die vooruitsig volg op ’n skerp styging in brandstofpryse vroeër vandeesmaand.


Internasionale oliepryse, spanning weens die konflik tussen die VSA en Iran, asook die rand-dollar-wisselkoers beïnvloed die plaaslike brandstofprys.


Verdere verhogings kan huishoudings en ondernemings onder groter druk plaas, aangesien hoër brandstofkoste ook vervoer- en produksiekoste kan opstoot.


Die regering oorweeg intussen ’n moontlike toewysing van R10 miljard om brandstofkoste te help verlig, maar enige ingryping is nog nie gewaarborg nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page