Brandstofpryse skiet die hoogte in
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Motoriste sal vanaf middernag diep in die sak moet delf, met skerp stygings in brandstofpryse.
Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het bevestig dat petrol met R3,06 per liter duurder word, terwyl diesel met tussen R7,37 en R7,51 per liter styg.
Die verhogings word toegeskryf aan stygende internasionale oliepryse, te midde van toenemende spanning tussen die Verenigde State, Israel en Iran.
Die jongste aanpassings gaan na verwagting verdere druk op verbruikers en die ekonomie plaas.








Comments