top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Brandstofpryse styg Dinsdagaand

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 5, 2024
1 min read

Ekonome het die styging in brandstofpryse toegeskryf aan die stygende internasionale oliepryse. Netwerk24 berig die departement van minerale en energie het vir die eerste keer in ses maande ’n verhoging in brandstofpryse aangekondig. Met ingang van 6 November 2024 sal die prys van beide 93 en 95 loodvrye petrol met 25 sent per liter styg. Die pryse van diesel sal met 20 en 21 sent per liter styg, terwyl verligtingsparaffien met 28 sent per liter sal styg. Die departement se Robert Maake sê 'n sterker rand het die slag van die styging in brandstofpryse gedemp.

 
 
 

Comments


bottom of page