Brandstofpryse styg om middernag
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 1, 2025
- 1 min read
Motoriste kan verwag om meer by die pomp te betaal met brandstofpryse wat vanaf middernag sal styg. SABC News berig die Departement van Minerale en Petroleumbronne het aangekondig dat die prys van petrol met tussen 52 sent en 55 sent per liter sal styg, afhangende van die graad. Die verskillende grade diesel sal met tussen 82 sent en 84 sent per liter styg, terwyl die prys van paraffien met 89 sent per liter sal opgaan. Volgens die departement se Robert Maake is die redes vir die aanpassings die hoë oliepryse wat veroorsaak is deur die konflik in die Midde-Ooste tussen Israel en Iran.







Comments