Brandstoftekorte kan streeksvlugte in Suid-Afrika tot stilstand bring
- Saamgestel deur Jana Roos

- 7 hours ago
- 1 min read
‘n Dreigende brandstofvoorsieningskrisis in Suid-Afrika wek kommer onder lugdienste.
Operateurs waarsku dat onsekerheid oor beskikbaarheid na Mei skedules kan ontwrig en koste regoor die streek kan opstoot.
Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika sê die gebrek aan sekerheid oor brandstofvoorsiening is nou ‘n groter bedreiging as pryse alleen. Die kommer volg op voortdurende geopolitieke spanning wat verband hou met die Midde-Oosterse konflik, wat verskepings deur die Straat van Hormoes beïnvloed het.
Die vereniging waarsku dat selfs al heropen die roete, herstel nie onmiddellik sal wees nie.
Die vereniging sê dat hulle reeds na noodmaatreëls kyk as die situasie vererger.








Comments