Brandstofverbruikers kan ’n dubbele terugslag beleef
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 27
- 1 min read
Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers kan in Junie ’n dubbele terugslag beleef.
Ekonome voorspel dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse gaan verhoog en die regering die brandstofheffingsverligting van R3 per liter gaan beëindig.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik IOL berig verskeie ekonome waarsku nou dat inflasie in die komende maande nader aan 5% kan beweeg, wat druk op die Reserwebank verhoog om voorkomend op te tree om te verhoed dat hoër pryse permanent in die ekonomie vasgelê word.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Volgens ekonome Johannes Khosa en Nicky Weimar het die skerp styging in petrol- en dieselpryse reeds begin deurwerk na breër vervoer- en bedryfskoste. Dit stoot kerninflasie op en verhoog die risiko van tweede-ronde inflasie-effekte. Hulle sê die verskerping van monetêre beleid nou verseker dat die inflasionêre gevolge van die aanbodskok tydelik bly en waarskynlik die behoefte aan ernstiger verskerping later in die siklus beperk.








Comments