top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Brendan Peyper word nie gesekwestreer nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 20
  • 1 min read

Die poging om die sanger Brendan Peyper se boedel finaal te laat sekwestreer is gekortwiek ure voordat dit in die hooggeregshof in Pretoria sou voortgaan.


Netwerk24 berig dit volg nadat Peyper en die applikant in die saak en eienaar van SA Concerts, Eduard Hugo, ’n ooreenkoms bereik het om die voorlopige sekwestrasiebevel op te hef. Die partye het ooreengekom dat enige beweerde aanspreeklikheid van Peyper eerder by wyse van aksieprosedure afgedwing moet word.


Die geskil spruit uit die mislukte Loslit-fees, wat in 2023 teen ’n verlies van bykans R709 000 aangebied is .


Hugo het aangevoer Peyper was in ’n 50-50-vennootskap met hom, terwyl Peyper dit ontken.


Peyper sê op sosiale media hy is tevrede dat redelikheid uiteindelik geseëvier het.


Brendan Peyer. FOTO: Jacaranda FM
Brendan Peyer. FOTO: Jacaranda FM

 
 
 

Comments


bottom of page