top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging bly ’n kernkomponent’

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, sê Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging bly ’n kernkomponent van Suid-Afrika se demokrasie en ekonomiese herbou.


Hy sê ongelykheid bly ’n werklikheid en moet deur beter implementering van bemagtigingsbeleid aangespreek word.


Tau het die behoefte beklemtoon om deelname uit te brei, toegang tot kapitaal te verbeter en die uitkomste van swart ekonomiese bemagtiging te versterk. Hy het ook tekortkominge in beleid en uitvoering erken wat tans hersien word.


Parks Tau. FOTO: SABC News
Parks Tau. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page