Britse man oorleef Air India-vliegtuigongeluk
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 13, 2025
- 1 min read
'n Britse man, Vishwashkumar Ramesh, het die Air India-ongeluk, waarin 241 mense oorlede is, oorleef. BBC News berig hy was in sitplek 11A op die Boeing 787-vlug op pad na Londen toe dit kort na opstyging in Wes-Indië, neergestort het. In ‘n video kan gesien word hoe Ramesh na 'n ambulans stap. Volgens sy broer het hy geen idee hoe hy die ongeluk oorleef het nie. Die vliegtuig het minder as 'n minuut na opstyging in akkommodasie wat deur opleidingsdokters gebruik word, neergestort. Dit is nie duidelik hoeveel mense op die grond oorlede is nie en die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.







Comments