BTW-verhoging vir 2026 steeds op die tafel
- Armando Pieters

- May 28
- 1 min read
Volgens kenners kan Suid-Afrikaners steeds volgende jaar ‘n verhoging van belasting op toegevoegde waarde (BTW) in die gesig staar. Volgens ‘n belastingprokureur by Latita Africa, Jordan Mulindi, het die Mei-begroting slegs die vorige BTW-verhoging weens politieke druk en ‘n openbare terugslag laat vaar. Dit het die Nasionale Tesourie met ‘n verlies van R62 miljard aan inkomste oor die volgende drie jaar gelaat. Intussen sê Old Mutual Wealth Investment se Izak Odendaal die geld sal iewers vandaan moet kom. Hy voeg by ‘n BTW-verhoging in 2026 kan nog op die tafel wees, maar as die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se invordering verbeter is dit dalk nie nodig nie.





Comments