top of page

Buitelanders in SA tronke kos R11-miljoen per dag

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 6, 2025
  • 1 min read

Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê hy is in gesprek met ander staatsdepartemente oor ‘n stelsel om buitelandse gevangenes terug te stuur om hul vonnisse in hul tuislande uit te dien. Volgens Groenewald is daar sowat 25 000 buitelanders in Suid-Afrikaanse tronke en net om hulle kos te gee, beloop R11-miljoen per dag. Hy glo koste kan besnoei word as hierdie gevangenes elders aangehou word. Newskoop berig gesprekke is reeds aan die gang met verskeie buurlande. Intussen het Groenewald ook tydens sy begrotingsrede gesê dis tyd vir Suid-Afrika om ‘n debat te begin oor die terugbring van lyfstraf vir geringe misdade instede daarvan om sulke misdadigers in reeds oorvol tronke te sit. Volgens Groenewald is dit onmenslik om hulle jare lank in die tronk te hou omdat hulle nie borgtog kan bekostig nie.

 
 
 

Comments


bottom of page