top of page

‘Buitelandse leerders maak nie plaaslike skole oorvol nie’

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die Departement van Basiese Onderwys het bewerings dat buitelandse leerders Suid-Afrikaanse skole oorvol maak van die hand gewys.


Die departement sê geverifieerde data toon dat buitelandse leerders slegs 1.8% van die totale skoolbevolking uitmaak, terwyl 98.2% Suid-Afrikaanse burgers is.


Hulle voeg by dat druk op skole voortspruit uit infrastruktuuragterstande, oorbevolking en befondsingsbeperkings, nie buitelandse inskrywings nie. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, spoor leiers en die media aan om nie waninligting te versprei nie.


LUISTER HIER:

Terence Khala

Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page