Buitelandse lenings bekommer die EFF
- Armando Pieters

- Jun 25
- 1 min read
Die EFF het sy kommer uitgespreek oor die stygende tendens van buitelandse lenings, veral terwyl ander monetêre beleidsmaatreëls nog nie ontgin is nie. Dít kom nadat die Nasionale Tesourie aangekondig het dat Suid-Afrika ‘n lening van $1.5 miljard van die Wêreldbank vir die modernisering en ontwikkeling van infrastruktuur verkry het. Die party sê die Tesourie het die afgelope 15 jaar miljarde geleen vir ekonomiese groei en stabiliteit, maar het nie daarin geslaag om te verseker dat sulke skuld werk skep en die mense bevoordeel nie. Die EFF het herhaal dat hierdie lenings slegs polities gemotiveerd lyk.





Comments