Die DA herhaal sy kommer oor beplande militêre oefening
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 2
- 1 min read
Die DA het sy kommer oor ‘n militêre oefening saam met China, Rusland en Iran in Suid-Afrikaanse waters herhaal.
Die DA se woordvoerder oor verdediging, Chris Hattingh, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se aankondiging van die oefening onder die naam Will for Peace 2026 bevestig die kommer rondom die uitgestelde Mosi drie vlootmaneuvers. Hy sê die China-geleide oefening, met Rusland en Iran se deelname in Suid-Afrikaanse waters, ondermyn Suid-Afrika se beweerde nie-belyning binne die geopolitieke arena.
Hattingh beskryf dit as ’n politieke besluit wat verkeerdelik as vreedsaam aangebied word en sê die DA sal ’n volledige parlementêre inligtingsessie hieroor eis.




Comments