top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bultfontein-polisiebeamptes se moordverhoor is uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 7 days ago
  • 1 min read

Nege polisiebeamptes van Bultfontein sal eers in Oktober weer in die rondgaande Hooggeregshof in Welkom op aanklagte van moord verskyn.


Nuusflits berig die voorverhoor is Maandag tot 5 Oktober uitgestel.


Die beamptes staan tereg ná 'n voorval in Phahameng in September verlede jaar waarin drie familielede en 'n polisiekonstabel oorlede is.


Volgens die ondersoek het lede van die Openbare Orde Polisiëringseenheid na 'n klagte van huishoudelike geweld gereageer.


Drie familielede het hulle glo in 'n huis toegesluit toe die polisie hulle wou in hegtenis neem, waarna skote afgevuur is.


Die nege beskuldigdes, wat vroeër op borgtog vrygelaat is, se borgtog is verleng.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page