top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Burgemeester nooi openbare deelname uit in Bloemfontein

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 16, 2025
1 min read

Voor die Stad se eerste Beleggingsberaad sal die Uitvoerende Burgemeester, Gregory Nthatisi, ’n reeks geleenthede aanbied as deel van die opbou na die beraad.

Die UB sal Vrydag om 08:00 ’n eiendomsindaba in Bloemfontein se stadsaal aanbied.

Die publiek word uitgenooi om deel te wees van die vergadering, veral bouers en beleggers wat belange het in stadsbeplanning.

In terme van Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) se begrotings, is ’n 60-bladsy finansiële verslag op hul webwerf beskikbaar vir die publiek.

Vir finansiële deursigtigheid onderneem MMM om elke maand die verslag beskikbaar te stel vir die publiek, 10 werksdae ná die laaste dag van elke maand.

 
 
 

Comments


bottom of page