BUSA onttrek aan die WVF se strukture
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 3
- 1 min read
Business Unity South Africa, oftewel BUSA, het hom aan die Werkloosheidsversekeringsfonds se strukture by Nedlac onttrek en sy verteenwoordigers aan die WVF-raad onttrek.
Eyewitness News berig BUSA sê jare se swak bestuur en swak dienslewering by die fonds het tot dié besluit gelei.
Volgens BUSA het die organisasie die afgelope ses jaar probeer om die WVF deur Nedlac se prosesse te hervorm, maar min vordering is gemaak met operasionele probleme en vertragings met die uitbetaling van voordele.
BUSA vra dat die fonds onder administrasie geplaas word en dat 'n onafhanklike forensiese ondersoek na die fonds se besteding en bestuurspraktyke gedoen word.
Die Departement van Indiensneming en Arbeid sê hervormings is reeds aan die gang om bestuur en toesig te verbeter.








Comments