Busa sien geen nuwe kommer oor die jongste Amerikaanse tarief nie

Jul 25
1 min read
Business Unity South Africa (Busa) sê die Verenigde State (VSA) se nuwe 12-komma-vyf persent-tarief op Suid-Afrikaanse invoere het geen nuwe kommer veroorsaak nie.
Die tarief het in werking getree na die Amerikaanse handelsverteenwoordiger se ondersoek na invoere wat met dwangarbeid vervaardig is.
Busa het aan News24 gesê dat die tarief as positief beskou kan word, in vergelyking met die voorheen opgelegde wederkerige tarief van 30 persent op Suid-Afrika. Die organisasie sê die regering moet voortgaan om met die VSA te skakel om ‘n handelsoplossing te vind.









Comments