top of page

ButtaNutt herroep hul grondboontjiebotter

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 10
  • 1 min read

‘n Grondboontjiebottervervaardiger, ButtaNutt, het hul grondboontjiebotter herroep.


Dit as gevolg van hoër as wettiglik aanvaarbare vlakke van aflatoksien wat in die produk opgespoor is.


Die Nasionale Verbruikerskommissie sê die betrokke produkte het nie aan die kwaliteitsstandaarde voldoen soos uiteengesit in die Departement van Gesondheid se regulasie nie.


Aflatoksien kan lei tot gesondheidskomplikasies, insluitend naarheid, braking en buikpyn.


Volgens die Nasionale Verbruikerskommissie is die betrokke produkte op 15 Januarie vervaardig en in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap verkoop.


FOTO: ButtaNutt
FOTO: ButtaNutt

 
 
 

Comments


bottom of page