top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Byna 18 000 verdagtes landswyd is in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Jun 16
  • 1 min read

Die polisie het 17 831 verdagtes in hegtenis geneem tydens die landwye weeklikse Operasie Shanela.


Die arrestasies het 2 535 onwettige immigrante en 2 526 gesoekte verdagtes ingesluit wat gekoppel is aan ernstige misdade soos moord, verkragting, roof en motorkaping. Die operasie het ook gelei tot die beslaglegging van nagemaakte goedere ter waarde van meer as R100-miljoen, dagga ter waarde van meer as een-komma-vyf miljoen rand, en 89 ongelisensieerde vuurwapens.


‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Vincent Mukhathi, sê die operasie gaan voort om georganiseerde misdaad, dwelmsmokkelary en onwettige handel landwyd te teiken.


LUISTER HIER:


260615nVincentMukhathi_operation_shanela (1)

Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page