Byna die helfte van die VS se munisipaliteite is onder ingryping
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 11
- 1 min read
Byna die helfte van die Vrystaat se munisipaliteite is onder een of ander vorm van ingryping.
Netwerk24 berig die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het die Masilonyana-munisipaliteit Dinsdag ook onder administrasie geplaas. Die Mangaung-metro is onder nasionale ingryping.
Die VF Plus-LPW en voorsitter van die portefeuljekomitee oor regeringsake in die Vrystaatse wetgewer, Armand Cloete, het dié feite bevestig.
Die DA-LPW, David McKay, sê oor die res van die 19 munisipaliteite is dit nie ’n vraag van óf hulle onder administrasie geplaas gaan word nie, maar eerder wanneer.
Hy sê die provinsiale regering het egter nie die kapasiteit om al die ingrypings in die verskillende munisipaliteite te hanteer nie.







Comments