Bytmerkte lei polisie na ‘n Bloemfonteinertjie se vermeende moordenaar
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 29
- 1 min read
Bytmerke verbind die man, wat daarvan beskuldig word dat hy die die driejarige Katleho Leeuw verkrag en vermoor het, met die misdaad.
Volksblad berig die 30-jarige Kholisiwe Jonas het vlugtig in die Bloemfontein landdroshof op aanklagte van moord en verkragting verskyn.
Luidens inligting wat in die hof bekend gemaak is, is Jonas in 2018 aan statutêre verkragting skuldig bevind. Hy is toe ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê. Daar is ook ‘n beskermingsbevel teen hom.
Leeuw se liggaam is die naweek sowat 200m van haar huis in bosse gevind.
Dit nadat sy Donderdag as vermis aangemeld is.
Die saak is tot 4 November vir verdere ondersoek uitgestel. Jonas bly in aanhouding.






Comments