top of page

Cachalia erken die polisie se dissiplinêre regulasies is gebrekkig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6d
  • 1 min read

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het erken dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Dissiplinêre Regulasies van 2016 leemtes bevat wat dissipline, etiek en openbare vertroue ondermyn.


Cachalia het gereageer op die DA se vrae oor dissiplinêre verrigtinge teen ‘n Wes-Kaapse polisiebeampte wat met dwelms betrap is. Dit volg nadat die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Thembisile Patekile, die beampte se ontslag omgekeer het en hom eerder ‘n skorsing van een maand gegee het.


Die DA het ‘n dringende hersiening van die kode versoek en eis beperkings op provinsiale kommissarisse se mag om ontslag om te keer.


Firoz Cachalia. FOTO: Facebook
Firoz Cachalia. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page