Cachalia is getaak om die tenderskandaal binne die polisiediens te ondersoek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 27
- 1 min read
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê hy sal aanbevelings aan president Cyril Ramaphosa voorlê oor hoe om die tenderskandaal binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens te hanteer.
Dit hou verband met die tender waarby die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, ook betrek is.
Masemola moet volgende maand in die hof verskyn oor ’n gesondheidstender van R360-miljoen wat aan die beweerde kartel-leier Vusimuzi Cat Matlala toegeken is.
Twaalf senior polisiebeamptes is ook in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat.
Cachalia sê enige optrede moet die polisie versterk.








Comments