top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Cachalia maak bendegeweld 'n prioriteit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 46 minutes ago
  • 1 min read

Die bekamping van bendegeweld gaan 'n belangrike deel van die regering se nuwe polisiëringsplan vorm.


Eyewitness News berig ministers en LUR'e het dit tydens 'n Polisie-ministerraadvergadering bevestig.


Die plan behels sterker geïntegreerde optrede teen bendes en georganiseerde misdaad, terwyl intelligensiegedrewe polisiëring ook uitgebrei sal word.


Waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die plan sal aanvanklik op 140 hoëprioriteit-polisiëringsgebiede fokus voordat dit landwyd uitgerol word.


Hy sê die plan sal egter net slaag as alle regeringsvlakke saamwerk om veiliger gemeenskappe te skep, die publiek se vertroue in die polisie te herstel en die onderliggende sosio-ekonomiese uitdagings aan te spreek wat bendegeweld aanwakker.


Firoz Cachalia. FOTO: Facebook
Firoz Cachalia. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page