Cachalia ontken bewerings
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het bewerings ontken dat die polisie die moordondersoek van die Tembisa-hospitaal-fluitjieblaser, Babita Deokaran, verkeerd hanteer het.
In antwoord op vrae in die parlement het Cachalia aan die Portefeuljekomitee van Polisie gesê dat ondersoekbeamptes die korrekte prosedures gevolg het en dat die owerhede geen behoefte aan ‘n interne hersiening gesien het nie.
Media-ondersoeke het daarop gedui dat Deokaran se tegnologiese toestelle nie behoorlik geanaliseer is nadat sy buite haar huis doodgeskiet is nie.
Dit nadat sy korrupte tenders by die Tembisa-hospitaal, waar sy in die finansiële departement gewerk het, onthul het.
Alhoewel ‘n hof die gewapende mans wat verantwoordelik was vir Deokaran se moord in 2023 skuldig bevind het, het die polisie nog nie die beweerde meesterbreine agter die sluipmoord in hegtenis geneem nie.







Comments