Cachalia sê daar is geen bewyse dat boere sistematies deur misdaad geteiken word nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 19
- 1 min read
Daar is geen bewyse dat boere – of enige ander groep in Suid-Afrika – sistematies deur misdaad geteiken word nie.
Dit volgens die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, op 'n parlementêre vraag vanaf EFF-LP, Mashidika Komane.
Cachalia sê uit die 27 621 moorde wat in 2023-’24 in die land gepleeg is, was 55 plaasmoorde.
Netwerk24 berig Cachalia sê die polisie het net statistieke vir die afgelope vier boekjare daaroor tot sy beskikking. Die statistieke vir 2024-’25 kan eers verskaf word nadat hy dit amptelik bekend maak.
Hy sê die polisie publiseer ook nie misdaadinligting volgens die ras van slagoffers nie, omdat ras nie op die polisiestelsel vasgelê word nie.
Cachalia sê moorde in landelike gemeenskappe vind meesal plaas gedurende die pleeg van ’n ander misdaad, soos huisrooftogte, veediefstal, afpersing en in sommige gevalle verkragting.
Hy benadruk dat daar dus geen bewyse is om die bewering te staaf dat enige groep sistematiese geteiken word nie aangesien misdaad alle gemeenskappe in Suid-Afrika raak.





Comments