top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Cachalia sê die moordsyfer daal

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 60 minutes ago
  • 1 min read

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê Suid-Afrika se moordsyfer daal, maar geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord bly ‘n groot bron van kommer.


Cachalia het tydens die vrystelling van die misdaadstatistieke vir die eerste kwartaal vir 2026/27 ook besin oor die onlangse Reiger Park-moorde, waarin twee beamptes van die Teen-Bende-eenheid dood is. Cachalia sê dat baie toegewyde polisiebeamptes hul lewens verloor terwyl hulle gemeenskappe dien, maar het volgehou dat die polisie bestendige vordering maak in die stryd teen misdaad.


Hy het bygevoeg dat alkohol steeds bydra tot ernstige kontakmisdade en ‘n kommerwekkende faktor agter geweldsmisdaad bly.


Ter illustrasie. FOTO: SAPD/argief
Ter illustrasie. FOTO: SAPD/argief

 
 
 

Comments


bottom of page