Cachalia verdedig die besluit om die weermag te ontplooi om polisie te ondersteun
- Saamgestel deur Jana Roos

- Feb 28
- 1 min read
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die ontplooiing van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verdedig om die Suid-Afrikaanse Polisiediens te ondersteun.
Hy sê dit is ‘n noodsaaklike stap om kalmte te herstel in gemeenskappe waar onwettige mynbou en bendegeweld hoogty vier.
Cachalia het aan SABC-nuus gesê dat hy erken dat dinge wat by die Mandlanga-kommissie van ondersoek geopper is, diep kommerwekkend is. Hy sê wel dit is ook ‘n geleentheid om polisiëring in die land te transformeer. Hy sê polisiebeamptes is elke dag besig om goeie werk te doen om misdaad te bekamp en die vlakke van veiligheid in die land te verbeter.








Comments